Die Bantjes-miljoene

In Die Burger van 12 Julie 1983 onder die rubriek “Van alle Kante” skryf Gideon Joubert soos volg: “Tannie Mattie Kriel het Donderdag 93 jaar geword. Haar Vader, wyle Ds. H T Kriel was byna ‘n eeu gelede leraar in die Bloemfonteinse Tweetoringkerk. Hy het, onder meer Pres. M T Steyn ingesweer. Tannie Mattie was baie jare kindertuinonderwyseres in die Paarl. Haar broer Theo, so 15 jaar gelede oorlede, het sy lewensgeskiedenis vir sy kinders opgeteken. Van hulle Ma se kant stam die Kriels van die Boswells en Bantjes wat vanweë die legendariese Bantjes-miljoene onthou word.
Hulle was afstammelinge van Jan Geert Bantjes wat Holland in 1745 (sic 1755) verlaat het en na Suid-Afrika gekom het. Sy Vader was een van die base van die Hollands-Oos-Indiense Kompanjie. Hy het ‘n ontsaglike rykdom versamel en aan sy twee seuns nagelaat. Na sy Vader se dood kon Jan Geert nie opgespoor word nie. Jare later het die Bantjes-familie van die erfporsie gehoor en hulle eis ingedien. Bewys van herkoms was ‘n vereiste. Hulle het ‘n verteenwoordiger na Holland gestuur (mev Alport het my meegedeel dat verskillende pogings aangewend is). Dié het vasgestel dat die rekord van Jan Geert se geboorte uit die register in Holland geskeur is. Die Bantjes-miljoene het in Holland gebly.”
Om terug te keer na Ouma Bantjes – ek meen dat dit met veilige sekerheid aanvaar moet word dat sy geen “Bantjes” familie in Suid-Afrika het nie. Elke geslag het net een seun opgelewer en as Ouma se broer Matthys en sy vrou Elisa Melville kinders gehad het, moes mens daarvan te wete gekom het. In Beaufort-Wes is daar geen spoor van hulle te vinde nie. Tien jaar in ‘n prokureurskantoor in die dorp sou tog seker lank genoeg gewees het om iets van hulle te wete te kom. Veral seuns kan nie, soos dogters, hulle “van” binne die huwelik verskuil nie.
Uittreksel uit “Die Krynauw-familie” deur David Willem Krynauw, gebore 03/02/1908.
Sy ouma aan moederskant was Maria Christina Bantjes, getroud met sy oupa Gideon Jacobus de Villiers, gebore 1828