Stephanus Johannes Krynauw en sy vrou Anna Elizabeth du Toit het verskuif vanaf Caledon en hulle in die distrik Beaufort-Wes gevestig. Ek het nooit die voorreg gehad om een van ons oupas of oumas te sien nie – nie eens ‘n portret nie. Sy ouderdom val saam met dié van President Kruger want Stephanus Krynauw is te Caledon gedoop op 9 Oktober 1825. Sy baard is geknip in die styl van daardie jare, die sg. Krugerbaard. Sy hare en baard was glo donker terwyl sy seuns rooierig-lig van kleur was. Of hulle dit geërf het van die Du Toit- of Le Roux-familie, weet ek nie. Mens wil so graag meer van hulle te wete kom. Die seuns het darem gespog dat hulle Ma so bedrewe was met die naald. Sy kon selfs mansklere maak. Of dit klere was vir die Man about Town of meestal draklere vir die plaas, weet mens nie.
Die voorgeslag word aan ons voorgehou as die mense van die Bybel, die roer en die stamlys – was daar ook familieportrette waarvan die digter meld?:
Dof word die ou gelaat eenmaal bemin
Die trekke kan ons nie meer reg versin
Die silwermotte van die dae vreet daaraan
En stadig val dit stuk-stuk in
Ek weet nie eens met sekerheid waar hulle gesterf en begrawe is nie. Ek meen dit is Britstown. Wat deur hulle aan die nageslag van geslag tot geslag oogedra is, is van onskatbare waarde. As ons maar nog in hierdie tradisie voortlewe, sal ons seker seën kan verwag in die toekoms. Twee weke voor sy dood in 1904 skryf President Kruger aan Generaal Botha ‘n brief waarin die volgende woorde voorkom:
Wie zich een toekomst scheppen wil, mag het verlede niet uit het oog verliezen. Daarom: Zoek in het verledene al het goede en schone dat daarin te ontdekken valt, vormt daarnaar uw ideaal en beproeft voor de toekomst dat ideaal te verwezenlijken
Kinders van Stephanus Johannes Krynauw
1.Margaretha gebore 22 Augustus 1851
2. Daniël Eliza, 21 April 1853
3. Willem Johannes, 25 Julie 1855
4. Stephanus Johannes, 26 September 1857
5. Andries Stephanus, 3 September 1859
6. Pieter Hendrik Johannes, 26 Junie 1861
7. Susanna Maria, 18 Desember 1863
8. Anna Francina, 14 Mei 1867
9. Maria Claudina, 6 Mei 1869
Die dogters
1. Margaretha was getroud met Schalk van Heerden. Sy dogter uit ‘n vorige huwelik, Johanna Francina is getroud met Andries Stephanus Krynauw. Oom Schalk was dus sy swaer en sy skoonpa. Net een seun, Isak van Heerden, is uit hierdie huwelik gebore. Hy was getroud met ‘n nooi Visser van Fraserburg en ek meen slegs twee dogters is uit die huwelik gebore. Isak was die jongste. Sy susters was Margaretha, Anna Elisabeth, Lizzy en Fanny. Lizzie was getroud met Philip MaClaghlan. Fanny meen ek was getroud met Coetzer. Twee susters was met twee Lubbe-broers getroud.
2. Susanna Maria is jonk dood.
3. Anna Francina (was verloof aan ‘n sekere Baker. Hy het vee geneem om in Graaff Reinet te verkoop en daar is niks weer van hom verneem nie. Pa het geglo dat hy beroof en vermoor is en Anna het nooit ‘n huwelik gesluit nie.)
4. Maria Claudina, gebore 6 Mei 1869 en getroud met JH van Enter – twee kinders:
(i) Johanna Justina getroud met C Fourie
(ii) Anna Elisabeth Stephanie.
Die seuns
1. Daniël Elisa, gebore 21 April 1853, getroud met Sarah Polley – 4 kinders:
I. Stephanus Johannes, 1 September 1885, trou met ‘n nooi Pheiffer in 1917, 4 kinders:
(a) Lucas Marthinus gebore 20.8.1919, getroud 1953 met ‘n nooi Stander van Parys, 2 kinders:
(i) Stephanus Johannes gebore 9 Januarie 1954 en getroud met Petronella Nortje in 1976, twee kinders Lucas Marthinus 23.12.1983 en Carien 16.3.1981.
(ii) Barend Jacobus, gebore 12 Junie 1956, getroud in 1986 met Catharina Nel.
(b) Daniel Elisa, gebore 6 Mei 1918, verhuis na Zimbabwe en daar getroud in 1946 – 6 kinders: Stephen, Linette, Francois, Rosemary, Anthony en Felicity.
(c) Christina Maria Isabella, gebore 13 Junie 1924 en getroud 1947 met D Gouws – 2 kinders: Daniël en Christopher
(d) Susara Adriana, gebore op 9 September 1934 en getroud 1956 met A. Baldock – 4 kinders: Christine, May, Jonathan en Steven
II. Martha getroud met Bredenkamp.
III. Anna Elisabeth getroud met J Magnus.
IV. Cornelius gebore 1899 en getroud met Elisabeth Otto. Hulle seun Daniël Elisa het in 1944 verongeluk.
2. Willem Johannes Krynauw, gebore 25 Julie 1855, getroud met Hermina van Enter.
I. Stephanus Johannes, getroud met A Swart en na haar dood me L Roux: vyf kinders. Wilhelm Johannes, Roux, Tertius, Alta getroud met Grobbelaar en Stephanus Johannes.
II. Jan Hermanus van Enter Krynauw, 12 Junie 1894, is in 1919 getroud met Maria Johanna Zikmann. Haar vader, Johan Zikmann, was vanaf 1897 tot 1917 die Koster op Beaufort-Wes. Van Enter was op verskeie plekke stasiemeester in diens van die Spoorweë. Hy was in sy dae ‘n goeie atleet en veral ‘n kranige voetbalspeler.
Hulle kinders het ek ongelukkig nie geken nie. Die seun, Francois Zikmann Krynauw, was getroud met ‘n nooi du Toit en ek verstaan dat daar ‘n seun en twee dogters uit hierdie huwelijk gebore is. Francois was as landros verbonde aan die Departement van Justisie. Sy broer, Willem Johannes, gebore 18 Mei 1921, was ook getroud en uit die huwelik is ‘n seun, Johan, en ‘n dogter Bridget gebore.
Die dogter, Ester Gertuida, gebore 10 April 1926, getroud met P Rousseau, was geseën met drie kinders: Riana, Johannes en Elizbe. ‘n Derde seun, Van Enter, was nie getroud nie. Die vierde seun Hermanus Johannes, 21 Januarie 1940, was ook getroud en ek verstaan dat ‘n dogter Thea uit die huwelik gebore is. Die sesde kind was ‘n dogter Ria, 18 Januarie 1942, getroud met Kruger en ‘n seun en ‘n dogter is uit die huwelik gebore.
III. Francoise Adriana, getroud met Stephanus Francois Pienaar (Boy) – twee kinders: Mercia getroud met Louw en Muloy.
IV. Anna Elizabeth – ongetroud.
V. Wilhelmina Johanna getroud met D. Liebenberg
VI. Johanna Justina, getroud met G. Liebenberg.
VII. Hermina Justina, getroud met P H J Toerien – kinders glo reeds oorlede.
2. Stephanus Johannes Krynauw, 26 September 1857 was getroud met Maria de Villiers. Pa en hierdie broer van hom was met susters getroud. Tant Maria was jonger as Ma en haar geboortedatum dus ongeveer 1865. Ses kinders is uit die huwelik gebore:
A. De Villiers getroud met ‘n nooi Devenish.
B. Edward Mellville was getroud met ‘n nooi Lubbe.
C. Stehanus Johannes – ongetroud
D. Anna Elisabeth – ongetroud.
E. Maria Christina – ongetroud.
F. Daniël Eliza – ek het ‘n vermoede dat hy ook met ‘n Devenish getroud was.
Al ses kinders is reeds oorlede.
4. Andries Stephanus Krynauw is op 3 September 1859 gebore en later getroud met ‘n nooi van Heerden – ek vermoed haar naam was Johanna Francina. Ek was maar net ‘n klein snuiter toe sy in 1921 dood is – sy het kanker gehad en sy het lank en swaar gely. Sy was ‘n dogter van Oom Schalk van Heerden uit ‘n vorige huwelik, d.w.s. voordat hy met Margaretha Krynauw getroud is. Oom Schalk was dus Oom Andries se skoonpa, maar ook sy swaer. Sover ek onthou, het hulle hom maar almal Boet Schalk genoem. Oom Andries het nooit weer ‘n huwelik gesluit nie. Hy is op 94-jarige ouderdom oorlede en was dus seker een van die volhardenste wewenaars in ons familie. Ons pa en ma het saam oudgeword en Ma het hom nie lank oorleef nie. Hulle het twaalf kinders gehad van wie drie dogters ongetroud gebly het. Een seun leef nog saam met sy vrou. Die weduwee van een van die seuns is ook betreklik kort na hom oorlede. Vir die oorlewende in al die ander gevalle was daar geen uiterlike beletsel om weer te trou nie. Maar net ons een swaer het na die dood van ons suster getrou, die ander het almal tot hul dood ‘n enkelbestaan gevoer. Oom Andries het ‘n kerkdiens, volksfees en ‘n politieke vergadering net misgeloop as hy baie ernstig siek was. Hy en Oom Willie het gewoonlik Sondagmiddae by Pa en Ma besoek gebring en dan hou hulle saam biduur. Oom Andries en sy vrou het vier kinders gehad:
(a) Anna Elisabeth Sophia was getroud met haar neef, Stephen Henry Krynauw. Op hul plasie, Rietkloof, het hulle ‘n saamkomplek vir baie van die familie aangebied. Hulle was die ouers van Pieter, Andries en Stephanus. ‘n Dogtertjie, Johanna, is op 9 jaar dood aan masels. Haar ma was ook ernstig siek en kon selfs nee die begrafnis bywoon nie.
(b) Johanna Francina of Joey was verpleegster. Sy en Oom Andries het al die jare saamgewoon en sy het nooit getrou nie.
(c) Stephanus Johannes was getroud met sy niggie Anna Maria de Villiers Krynauw. Daar was net een seutnjie wat as baba gesterf het. Hy het ‘n winkel gehad.
(d) Androlina was getroud met Piet Brink, ‘n boer in die Vrystaat. ‘n Seun en dogter is uit hierdie huwelik gebore (Albertus en Johanna).
5. Pieter Hendrik Johannes Krynauw, getroud met Anna Maria Retief de Villiers.