Familieregister
‘n Indeks van persone verskyn op die eerste bladsy van die Familieregister. Kies ‘n “van” en daarna ‘n “persoon” om verwantskappe en ander besonderhede te sien.
Gaan asb na Kontak om inlichting op te dateer of reg te stel.
Daar is n algemene gebrek aan datums soos van huwelike, plek van geboorte en sterfte en ‘n kort profiel van elke persoon. Daar is veral ‘n gebrek aan inligting en verifiëring van die Christiaan Krynauw familie – die nageslag van die stamvader se jongste seun. Sien “Tweede geslag” by Geskiedenis/Tydlyn
By die samestelling van die Familieregister word daar op die manlike geslag, wat die Krynauw-naam voortdra, gefokus. Wat betref vroulike Krynauws, word die name van hulle eggenote(s) en dié se ouers, asook hulle kinders en dié se eggenote(s), vermeld. In die geval van manlike Krynauws se eggenote(s) verskyn die ouers van die eggenotes.
Geboortedatum, mag ook die “Doopdatum” wees.
Jos le Roux het omvangryke navorsing gedoen en in Nov 2011 n familieregister gepubliseer. Verwys daarna vir meer inligting: KRYNAUW_Familie_2011-11-28_v2
Soek agter in die register (vanaf p107) vir n naam en gebruik die verwysingsnommer om inligting van n spesifieke persoon te kry (vanaf p15)