David Wilhelm Krynauw (1916-2001) was  argivaris in Kaapstad, Pietermaritzburg, Pretoria en Windhoek. Hy was ook sekretaris van die Kommissie vir Nasionale Gedenkwaardighede, van Suid Wes Afrika en skrywer.

Tydens sy dienstermyn in Windhoek het die Nasionale Monumente Kommissie verskeie historiese  geskrifte uit David se pen gepubliseer. Hy het onder andere navorsing gedoen oor die skeepswrakke langs die Skedelkus.

In 1994 verskyn “Blouberg: Ons beroemdste strand” deur DW Krynauw en G.S.J. Moller. Piet Cillie beskryf dit as “n blywende waardering en troeteling van n historiese en estetiese skat van Suid-Afrika”

In 1999 verskyn David se boek “Beslissing by Blouberg “ Dit handel oor “die Britse verowering van die Kaap en die einde van die Hollandse bewind in Januarie 1806 (en) het aan die geskiedenis van Suid-Afrika n nuwe loop gegee.”

Kyk na die inligting van David die publikasie “Kaap Kruis” by :

Namibiana Buchdepot

David Wilhelm Krynauw (1916-2001) argivaris